Loskop Marathon 2019

-

Gepubliseer in DIE DALLER

– Geskryf deur Janine van Staden –

“Schoonbee Landgoed sal, soos vorige jare, weer hierdie jaar lemoene uitdeel aan al die deelnemers van die Loskop Marathon wat Saterdag, 13 April, plaasvind.
Vanjaar is die 33ste Loskop Marathon en skenk Schoonbee Landgoed al vir die afgelope vyf jaar ’n sakkie lemoene aan elke deelnemer op die dag. Dit is vir hul belangrik dat elkeen hul waarde van deelname sal ervaar, sonder om ’n titel op dit te plaas. Hul wil ook elke deelnemer bedank vir hul ondersteuning en besoek aan die Loskopvallei met ’n voedsame geskenkie vanuit die vrugbare Vallei.

Daar word dié jaar net meer as 6 000 sakkies lemoene van 3kg elk uitgedeel. Dit is omtrent 20 ton se vrugte in totaal. Die sitrusseisoen het amptelik verlede week by Schoonbee Landgoed begin met suurlemoene en sagte sitrus. Hierdie week het hul begin met lemoene pak vir die Loskop Marathon, dus skop die lemoenseisoen amptelik die week af. Hul pak wel nog nie lemoene vir die publiek die week nie…”

Lees die VOLLE ARTIKEL

Comments

(0)

Leave a comment